Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Algerië
Algerië [boodskap #124955] So, 10 Maart 2019 06:10
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kaart van Algerië
Kaart van Algerië
Algerië is 'n onafhanklike staat sedert 1962, voorheen buitelandse gebied van Frankryk in Noordwes-Afrika. Die hoofstad is Algiers.

Algerië lê noord van die Atlasgebergte en is die streek wat deur sy klimaat geskik is vir landbou. Die Sahara-depte suid van die berge is woestyn, maar ryk olievelde is daar ontdek. Uitvoerprodukte o.a. wyn, grane, skape, beeste, vrugte, olyfolie, kurk, espartogras, sink- en ystererts.

Algerië was deel van die ryk van Rome. In die 8ste eeu is Algerië deur die Arabiere verower en Mohammedaans gemaak, en in die 16de eeu deur die Turke. Weens swak regering het dit ’n nes geword van seerowers op die Middellandse See, totdat Europese ingryping onvermydelik geword het. In 1816 het ’n Nederlands-Engelse mag Algiers gebombardeer en nadat ’n Franse leër in 1830 die land ingeval het, het Algerië geleidelik onder Franse beheer gekom totdat dit ’n integrale deel van Frankryk geword het. Die stryd van die Algerynse rebelle om onafhanklikheid was een van die grootste probleme waarmee Frankryk sedert Wêreldoorlog II te kampe gehad het. Toe onafhanklikheid na veel bloedvergieting toegestaan is, het duisende Franse wat daar gewoon het Frankryk toe gevlug.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Algebra
Volgende onderwerp: Algiers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:00:47 MGT 2024