Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Agterlaaier
Agterlaaier [boodskap #124849] Di, 26 Februarie 2019 07:18
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Agterlaaier is 'n geweer wat, in teenstelling met voorlaaier (sien Sanna), van agter af met 'n voorafvervaardigde patroon gelaai kan word. Dit is 'n enorme verbetering op die vuurwapens wat vroeër gebruik is. Die eerste agterlaaiers in Suid-Afrika is teen die einde van die Basoeto-oorloë gebruik. Een van die vroegstes is as "Blikloop" bekend, so genoem vanweë die voorkoms van sy loop. Die bes bekende is sonder twyfel die beroemde "Westley Richards"-doppiegeweer. Die gewere is ook "Wit-Wort" genoem. Die loop was .45 of .5 dm. in deursnee en het agter die loop op 'n skarnier geknak. Dit is daar met 'n papierpatroon gelaai. Was aanvanklik so vervaardig dat dit ook nog as voorlaaier gebruik kon word. Hierdie wapen is nog deur die Transvalers in die oorlog van 1881 gebruik. 'n Geweer min of meer soortgelyk hieraan was dié van Terry - die eerste geweer waarvan die koeël (saam met sy slagdoppie) groter was as die loop.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Agrippina
Volgende onderwerp: Agthoek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:39:02 MGT 2024