Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Agrapha
Agrapha [boodskap #124843] So, 24 Februarie 2019 17:39
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Agrapha (Grieks vir "ongeskrewe dinge") is die woorde en gesegdes wat aan Jesus toegeskryf word, maar nie in die Evangelies of die Nuwe Testament opgeteken is nie. Dr. Bernard Grenfell en dr. Arthur Hunt het in 1903 in die sand van Egipte baie stukkies papirus gevind - rekeninge, briewe, skooloefeninge, ens. - waaronder gesegdes van Jesus wat tevore onbekend was, bv.: Waar een alleen is, daar, sê Ek, is Ek by hom. Lig die steen op, en daar sal jy My vind; kloof die hout, en daar is Ek.

Nog ’n gesegde van Jesus buite die Nuwe Testament staan bo die ingang na ’n moskee naby Agra: Jesus, vrede sy Hom, het gesê: Die wêreld is slegs 'n brug; julle moet daaroor gaan en nie julle wonings daarop bou nie.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Agra
Volgende onderwerp: Agricola, Gnaeus Julius
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:54:59 MGT 2024