Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Agesilaus (Agesilaos)
Agesilaus [boodskap #124837] Vr, 22 Februarie 2019 06:50
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Agesilaus (Grieks Agesilaos, 401 v.C. tot 360 v.C.) was die koning van Sparta. Hy was klein van statuur en mank van geboorte af. In sy mid-veertigs het hy ietwat onverwags aan bewind gekom. Hy het teen die Perse geveg en het Thebe gehaat.

Sy regering het suksesvolle militêre aanslae teen verskeie state in Klein-Asië beleef, asook suksesse in die Korinthiese Oorlog. Diplomatieke besluite het egter daartoe gelei dat Sparta voor sy dood (op 84-jarige ouderdom in Cyrenaica) al meer geïsoleerd geraak het.

Agesilaus is deur sy vriend, die historikus Xenophon, bewonder, wat 'n werk oor hom getiteld Agesilaus geskryf het.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Agenda
Volgende onderwerp: Agincourt
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:08:20 MGT 2024