Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Agas
Agas [boodskap #124833] Do, 21 Februarie 2019 06:54
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Agas (ongeveer 736 v.C. tot 725 v.C.) was 'n goddelose koning van die koninkryk van Juda. Hy was die seun van koning Jotam wat uit die familie van koning Dawid stam. Hy word die twaalfde koning van Juda toe hy 20 jaar oud was en het 16 jaar lank in Jerusalem regeer. Die naam Agas beteken “hy het vasgegryp”.

Volgens die Bybel (2 Kon. 16, 2 Kron. 28 en Jes. 7) het Agas die Here uitgetart deur offers aan ander gode te bring. Hy is polities bedreig deur Peka van Israel en Resin van Aram om hulle koalisie teen Assirië te steun. Agas kies egter Assirië se kant. Jesaja adviseer hom hierteen. Tydens sy regeringstyd is koning Hosea van die noordelike koninkryk van Israel in ballingskap weggevoer. Ná sy dood is hy nie in die begraafplaas van die konings begrawe nie.

Bronne:
1. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
2. Christelike Kernensiklopedie (eCKE)

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Agar-agar
Volgende onderwerp: Agassiz, Jean Louis Rodolphe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:50:54 MGT 2024