Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Afrikaner, Jager
Afrikaner, Jager [boodskap #124810] Sa, 16 Februarie 2019 11:34
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Jager Afrikaner (of Jager Afrikaaner, doopnaam Christian Afrikaner; oorlede 1823 ) was 'n Khoikhoi-kaptein. Nadat hy sy baas, veldkornet Piet Pienaar, naby Calvinia vermoor het, vlug hy na een van die eilande in die Oranjerivier en onderneem jare lank plundertogte daarvandaan. Opgevolg 1823 deur sy seun Jonker Afrikaner (oorlede 1861) wat in 1830 die Khoikhoi (Hottentotte) van Suidwes-Afrika (S.W.A.) gaan help teen die Herero’s. Met die Herero’s verdryf, vestig hy hom in S.W.A. en noem sy woonplek Winterhoek (later Windhoek). Verower Okahandja 1850, vestig hom daar en doen roofaanvalle op die Ovambo’s.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Afrika
Volgende onderwerp: Afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:39:57 MGT 2024