Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Adendorfftrek (Masjonalandtrek)
Adendorfftrek [boodskap #124785] Vr, 15 Februarie 2019 18:36
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Adendorff-trek (ook bekend as Masjonalandtrek of Banjailandtrek) was 'n mislukte poging van meer as 100 gesinne uit Transvaal om in 1890-91 onder leiding van L.D. Adendorff te verhuis na ’n gebied Noord van die Limpopo wat hulle van die inboorlinghoofde Sebasha en Mozobe geruil het. Teenstand van Rhodes en sy Geoktrooieerde Maatskappy, die Afrikanerbond in die Kaap en die regering van die Z.A.R. wat per proklamasie van 25 April 1891 die trek verbied en strafbaar gemaak het, het die trekkers gedwing om om te draai nadat hulle reeds by die Limpopo gereed was om die nuwe staat in te trek.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Adenauer, Konrad
Volgende onderwerp: Adirondacks
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:11:13 MGT 2024