Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Aden
Aden [boodskap #124783] Vr, 15 Februarie 2019 15:28
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Aden is die tweede grootste stad van die Republiek Jemen in die suide van die Arabiese skiereiland. Dit lê aan die Golf van Aden en is dié land se belangrikste hawestad. Dit was die hoofstad van Suid-Jemen tot die hereniging met Noord-Jemen. Daarna is dit as 'n vryhandelsgebied verklaar.

Aden is ook die naam van 'n vroeëre Britse kolonie wat van 1937 tot 1963 om die stad Aden bestaan het. Die kolonie was van groot militêre belang aan die Rooi See-handelsroete tussen Europa en die Ooste. Voor 1937 is die gebied deur as 'n onderdeel van Brits-Indië bestuur. In 1963 skaf die Britte direkte koloniale bestuur af en word die kolonie onder die naam Staat Aden 'n deelstaat van die Suid-Arabiese Federasie, 'n Brits protektoraat. Toe die Volksrepubliek Suid-Jemen sy onafhanklikheid in 1967 van die Verenigd Koninkryk verklaar het, is die Suid-Arabiese Federasie, en daarmee die staat Aden, ontbind.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Addison en Steele
Volgende onderwerp: Adenauer, Konrad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:35:21 MGT 2024