Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Addison en Steele
Addison en Steele [boodskap #124779] Wo, 13 Februarie 2019 11:46
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Addison en Steele was vriende van kindsbeen af wat die Engelse letterkunde verryk het. Hulle word as die voorlopers van moderne joernalistiek beskou. Dié skrywers was mede-stigters van die publikasies The Tatler en Spectator waarin hulle 'n balans tussen lesersvermaak, intellektuele en sosiale onderwerpe gehandhaaf het.

Joseph Addison (1672 - 1719) het van jongs af Latynse en Engelse verse geskrywe. As digter en toneelskrywer is hy vergete, maar hy bly een van die grootste Engelse essayiste. Hy het amptenaar en parlementslid geword en lê in die Westminster-abdy begrawe.

Sir Richard Steele (1672 - 1729): gebore in Dublin; parlementslid geword; toneelstukke en essays geskrywe; was ’n goedgeaarde, vriendelike man, maar byna altyd in die skuld.

Die twee vriende het hul eerste tydskrif, The Tatler, in 1709 gestig. Die beroemder Spectator was ’n dagblad van 1 Maart 1711 tot 6 Des. 1712. Vandag is die 555 essays (in boekvorm uitgegee) ’n klassieke werk. 274 daarvan is deur Addison geskrywe, 236 deur Steele; die ander deur minder belangrike skrywers.

In die Spectator lees ons van sir Roger de Coverley, ’n denkbeeldige landheer van Worcestershire, goedgeaard maar eienaardig, ’n volmaakte tekening van die tipiese Engelse "squire" van dié tyd.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Addis Abeba
Volgende onderwerp: Aden
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:12:33 MGT 2024