Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Adams, Henry Brooks
Adams, Henry Brooks [boodskap #124772] Wo, 13 Februarie 2019 10:38
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Henry Brooks Adams in ongeveer 1885.
Henry Brooks Adams in ongeveer 1885.
Henry Brooks Adams (1838-1918) was 'n Amerikaanse historikus en essayis uit een van die aansienlikste families in die V.S.A. waarvan sy grootoupa en oupa albei presidente en sy vader ambassadeur in Londen was. Hyself was gedurende ’n groot deel van sy lewe hoogleraar aan die Harvard-Universiteit. Sy historiese hoofwerk is History of the United States of America during the Administrations of Thomas Jefferson and James Madison, 9 dele (1921). Sy letterkundige werk bestaan uit een roman, Esther (1884), en ’n wêreldberoemde essay, Mont Saint Michel and Chartres (1904). Sy grootste vernaamheid het hy verwerf met ’n outobiografie, The Education of Henry Adams (1918). Daar is baie geskryf oor hierdie dominerende figuur in die Amerikaanse geestelike lewe van sy tyd.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Adamant
Volgende onderwerp: Adams, John
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:30:37 MGT 2024