Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Adama van Scheltema, Carel Steven
Adama van Scheltema, Carel Steven [boodskap #124770] Wo, 13 Februarie 2019 10:30
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Carel Steven Adama van Scheltema (1877-1924) was 'n Nederlandse digter. Hy begin medisyne bestudeer, maar voltooi nie sy studies nie en word toe 'n toneelspeler. Hy was later in die kunshandel werksaam en wy homself daarna uitsluitlik aan die letterkunde. Gedurende sy lewe was hy die mees geliefde digter onder jong mense en veral onder diegene wat aangesluit het by die sosialistiese jeugbeweging. Hy begin met drie groot gedigte aan stede gewy: Londen (1903); Dasseldorp (1903); Amsterdam (1904). Daarna volg ’n reeks klein bundeltjies wat na sy dood saamgevat word onder die titel Verzamelde Gedichten (1934). Sy enigste groot kritiese werk is: De Grondslagen ener nieuwe Poëzie (1907) waarin hy hom prinsipieel teen die beginsels van die Beweging van Tagtig keer.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Adam, Adolphe Charles
Volgende onderwerp: Adamant
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:59:24 MGT 2024