Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Adam, Adolphe Charles
Adam, Adolphe Charles [boodskap #124769] Di, 12 Februarie 2019 07:01
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Adolphe Charles Adam (1803-56) was in sy tyd baie gewilde Franse opera-komponis. Sy beroemdste ballet, Giselle (uit 1841), is vandag nog in elke groot balletvereniging se repertoire. Giselle vertel die verhaal van 'n volksmeisie wat tot in die dood aan haar liefde vasklou. Adam se oeuvre bestaan uit nagenoeg 90 werke, wat onderverdeel is in opera's, vaudevilles, ballette, insidentele musiek en teatrale kantate.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Adam
Volgende onderwerp: Adama van Scheltema, Carel Steven
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:17:37 MGT 2024