Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Adam
Adam [boodskap #124768] Di, 12 Februarie 2019 06:37
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Adam was volgens die Bybel die eerste man wat God geskape het. Sy verhaal word in Gen. 2-5 vertel. Daarvolgens was Eva Adam se vrou; sy seuns was Kain, Abel en Set.

Die mens is gevorm uit die stof van die grond. God het sy lewensasem in die mens geblaas. Adam is in die tuin van Eden geplaas en is beveel om dit te bewerk en op te pas. God het vir hom ’n helper, die vrou Eva, gemaak.

Adam en Eva was ongehoorsaam aan God se bevel en het van die die boom van alle kennis geëet (Gen 3). Hulle is daarom uit die tuin van Eden verban. Hulle straf was dat die aarde deur hul toedoen vervloek sal wees en dat hul met swaarkry ’n bestaan sal maak. Adam en Eva word ná die gebeurtenis die ouers van Kain, Abel en Set.

Bronne:
1. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
2. Christelike Kernensiklopedie (eCKE)

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: A.D.
Volgende onderwerp: Adam, Adolphe Charles
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:28:09 MGT 2024