Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Accra
Accra [boodskap #124757] So, 10 Februarie 2019 19:35
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Accra is die hoofstad en 'n hawestad van Ghana (voorheen Britse Goudkus-kolonie). Die stad lê aan die Atlantiese Oseaan en het nagenoeg 2 miljoen inwoners (2010). Dit is die grootste stad, asook die politieke en ekonomiese sentrum van Ghana. Die belangrikste produkte is kakao, palmolie, ivoor, rubber en timmerhout wat hiervandaan uitgevoer word. Die woord Accra is afgelei van die Akan-woord 'Nkran' wat 'miere' beteken. Dit is 'n verwysing na die talle miershope wat in die omgewing gesien kan word.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Académie française
Volgende onderwerp: Achajers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:46:57 MGT 2024