Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Absolusie van die instansie
Absolusie van die instansie [boodskap #124752] So, 10 Februarie 2019 09:42
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
"Absolusie van die instansie" is 'n hofbevel wanneer ’n eiser sy saak gestel het, maar nie daarin geslaag het om sy eis te bewys nie. Dit stel die eiser in staat om by 'n ander geleentheid weer sy eis in te stel en dan sterker bewyse aan te voer.

Dit moet onderskei word van 'n gewone hofbevel ten gunste van die verweerder, in welke geval die eiser nie weer dieselfde eis kan instel nie (res judicata, of verweer van gewysde saak).

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Absalom
Volgende onderwerp: Abt, Franz Wilhelm
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:52:30 MGT 2024