Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Ethiopië (Abessinië)
Ethiopië [boodskap #124741] Sa, 09 Februarie 2019 16:36
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Ethiopië (vroeër bekend as Abessinië) is 'n land (vroeër 'n koninkryk) in Noord-Oos Afrika. Die bevolking bestaan uit Abessyne en Negerstamme. Die land, hoofsaaklik bergagtig met warm valleie, het uitgestrekte woude. Uitvoerprodukte is koffie, velle en goud. Daar is groot minerale rykdom.

Toe die land in 1935 deur Italië binnegeval is, het keiser Haile Selassie I na Engeland gevlug; in 1941 is hy teruggeplaas op sy troon. Die hoofstad, Addis Abeba, is deur ’n spoorweg met die Rooi See verbind. Nadat Abessinië lank deur Egipte oorheers was, het die land ca. die 11de eeu v.C. onafhanklik geword. Die Christelike godsdiens is uit Egipte daarheen gebring en ca. 330 n.C. as die nasionale godsdiens aanvaar, maar deur Arabiese oorwinnings in die 7de eeu is die land van die Christendom afgesonder. Ca. 1500 het die Portugese diplomatieke betrekkinge met Abessinië aangeknoop en kontak met Europa is in die middel van die 18de eeu hernu. Vanaf 1850 was die geskiedenis van Abessinië grootliks ’n relaas van die sentrale regering se stryd om sy mag oor stamhoofde te bevestig. Nasionale eenheid is bereik onder koning Menelek wat 1889 - 1913 geheers het. In dié tyd het Italiaanse indringing uit Eritrea gelei tot ’n oorlog (1895 - 96) wat geëindig het na die Abessynse oorwinning by Adowa. Haile Selassie het in 1930 koning geword.

Sedert W.O. II het Abessinië vinnig ontwikkel. Addis Abeba word d.m.v. lugdienste met verskeie stede, o.a. Kaïro, verbind. Die land se regstelsel is ná W.O. II heeltemal opgeknap; goed toegeruste hospitale het begin om toordokters te vervang; ’n ordentlike leër is op die been gebring; die onderwys het geweldig vooruitgegaan, en die ontsaglike voorrade goud, yster, steenkool en petroleum is ontgin. In 1952 is Eritrea as outonome gebied in ’n federasie met Abessinië verenig.

In 1974 is die monargie van keiser Haile Selassie omvergewerp en in 1975 word die land 'n republiek (amptelik die Federale Demokratiese Republiek Ethiopië). Dit laat Japan dan as die laaste land wat nog deur 'n keiser regeer word.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Abel Spel
Volgende onderwerp: Abigail
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:15:02 MGT 2024