Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Abel Spel (Abele spelen)
Abel Spel [boodskap #124740] Vr, 08 Februarie 2019 18:58
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
In die algemeen verwys 'n "abel spel" na 'n toneelstuk oor die liefde. In gees is dit verwant aan die ridderroman.

Die oorspronklike Abele Spele (abel = mooi, edel) is 'n versameling van vier Middelnederlandse toneelstukke wat uit ongeveer 1350 dateer. Dit word in die Koninklike Biblioteek in Brussel bewaar en is die oudste bekende Nederlandse toneelstukke van wêreldlike (nie-geestelike) aard.

Hierdie toneelstukke is:
  • Esmoreit (1018 reëls)
  • Gloriant (1142 reëls)
  • Lanseloet van Denemerken (952 reëls)
  • Vanden Winter ende vanden Somer (625 reëls)
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Abélard, Pierre
Volgende onderwerp: Ethiopië
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:59:59 MGT 2024