Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Aaskewer
Aaskewer [boodskap #124735] Do, 07 Februarie 2019 19:30
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Aaskewer kan na een van die volgende verwys:

1. Miskruieragtige kewer behorende tot die familie Histeridae, waarvan die larwes op aas en velle, miskruiers e.a. kewers of ook op mis teer.

2. Kewer behorende tot die familie Dermestidae, waarvan die harige larwes leef op dierlike oorblyfsels soos velle, pelse, horings en hoewe. Hiertoe behoort ook die klein bont kewertjie, die museumkewertjie (Anthrenus verbasci), waarvan die klein harige larwe ’n skadelike pes is wat in museums op opgestopte diervelle, droë insekte en ander dierlike of organiese stowwe teer.

3. ’n Klein tot middelmatig groot donker kewer met rooi tot oranjekleurige bande behorende tot die familie Silphidae, kom veral in die Noordelike Halfrond voor, word deur hul hoog ontwikkelde reuksin gelok na dooie diertjies soos muise en voëls wat hulle begrawe deur die grond onder met hul sterk pote weg te vroetel. Die wyfies lê hul eiers op die ontbindende vleis wat dan deur die uitbroeiende larwes gevreet word.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Aasblom
Volgende onderwerp: Abakus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:07:08 MGT 2024