Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Aartappel (Solanum tuberosum)
Aartappel [boodskap #124733] Do, 07 Februarie 2019 19:22
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die aartappelplant.
Die aartappelplant.
Die aartappel is 'n plant (Solanum tuberosum) wat oorspronklik uit Chili en Peru uit Suid-Amerika kom waar dit wild groei. Dit is in die sestiende eeu die eerste keer deur ontdekkingsreisigers na Europa gebring. Tot die agtiende eeu het mense dit bloot vir die snaaksigheid daarvan in hulle tuine geplant. Nadat ontdek is dat dit 'n belangrike voedselsoort is, het Frederik die Grote die aanplanting daarvan in Pruise aangemoedig en het dit ook die belangrikste landbouproduk van Ierland geword.

Wanneer dit gekweek word, kan die plant 2 tot 3 voet hoog word. Die blomme is wit, rooierig, pers of blouerig; die knolle wat gedra word, is wit, soms met 'n perserige skynsel wanneer hulle ryp is. Aan die ondergrondse knolle is ook "ogies", wat in werklikheid blaaroksels is. Daar is meer as honderd verskillende soorte in die wêreld.

Aartappels bevat 78 persent water en 18 persent stysel. Dit bevat feitlik geen stikstof of vette nie. In Suid-Afrika is dit 'n belangrike stapelvoedsel.

Bronne:
1. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
2. Die Skatkis: Algemene kennis en naslaanwerk, ISBN 0-7966-0014-7

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Aäron
Volgende onderwerp: Aasblom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:40:41 MGT 2024