Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Aäron
Aäron [boodskap #124732] Wo, 06 Februarie 2019 19:43
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Aäron was die eerste hoëpriester van Israel. Sy verhaal is in die Ou Testament van die Bybel in die boek van Eksodus opgeteken. Hy was die woordvoerder vir sy jonger broer Moses voor Farao (Ex. 4:7) en het die goue kalf gemaak (Ex. 32).

Aäron se staf (kierie) is 'n paar keer gebruik om die farao te oorreed om die Israeliete uit Egipte te laat trek. Hy het sy staf voor die farao neergegooi, waarna dit in 'n slang verander het. Sy staf is ook gebruik om die water van die Nylrivier in bloed te verander.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Aardrykskunde
Volgende onderwerp: Aartappel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:21:39 MGT 2024