Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Aardrykskunde
Aardrykskunde [boodskap #124731] Wo, 06 Februarie 2019 19:37
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Aardrykskunde is die studie van die aarde en sy lewe. Dit bestudeer die oppervlakte van die aarde, asook die verhoudings tussen die land, water, lug, plante, diere en mense. Spesiale vertakkinge sluit in menslike, natuurkundige, plante-, diere-, ekonomiese, geskiedkundige, wiskundige, streek- en politieke aardrykskunde.

Dit omvat onder andere:
  • wiskundige aardrykskunde, wat handel oor die grootte van die aarde, sy plek in die heelal, seisoene en getye;
  • kartografie, die wetenskap van kaarttekening;
  • fisiese aardrykskunde, kontoer, hoogte en riviere;
  • geomorfologie, vorme van landmassas en oseane; en
  • klimatologie, studie van klimaat en weer.
In die laaste jare het die menslike aardrykskunde, die studie van die mens in verhouding tot die aarde, die belangrikste taak van die wetenskap geword, en al die ander bogenoemde vertakkinge word bestudeer met spesiale verwysing na hul invloed op die mens en die invloed van die mens se werk op die natuur.

Terwyl die Duitser Ratzel meen dat die omgewing die mens se ontwikkelingsgang bepaal, glo Vidal de la Blache dat die mens nie net deur sy omgewing beïnvloed word nie, maar dat hy ’n mate van beheer daaroor het en dat veel van sy verstandelike vermoë afhang. Hier is die volkekunde en die argeologie verwant aan die aardrykskunde, en dit toon hoe verskillende gemeenskappe en kulture mekaar beïnvloed en hoe hulle deur die omgewing gevorm word. Die studie van die groei van dorpe en volke en die verhoudinge tussen die nywerheid, die landbou, handel, vervoer, ingenieurswese en die aarde, maak die politieke en ekonomiese aardrykskunde uit.

Bronne:
1. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
2. Die Skatkis: Algemene kennis en naslaanwerk, ISBN 0-7966-0014-7

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Aardgas
Volgende onderwerp: Aäron
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:07:21 MGT 2024