Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Aardbewing
Aardbewing [boodskap #124727] Di, 05 Februarie 2019 06:55
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
San Francisco in 1906 nadat 'n aardbewing die stad getref het.
San Francisco in 1906 nadat 'n aardbewing die stad getref het.
'n Aardbewing is 'n trilling van die soliede kors van die aarde wat veral in sekere dele voorkom. Die trillings rig soms ontsettende skade aan. Met 'n seismograaf, ’n delikate instrument, kan die trillings duisende myle van die aardbewingsgebied af waargeneem word. Aardbewings kan toegeskryf word óf aan vulkaniese uitbarstings met slegs plaaslike gevolge, óf aan "tektoniese" oorsake, d.w.s. dié wat veroorsaak word deur voortdurende inwendige spanning; dit verklaar die beweging van aardlae onder druk (die eeu-oue proses van verskuiwing wat berge laat verrys).

Aardbewingsgordels is o.a. die streke van die Stille Oseaan, Middellandse See en Suid-Asië. Die omvang van die trillings (opgevang deur ’n seismograaf) is gewoonlik 1 mm. (hoewel 76 mm. aangeteken is); sekondêre sigbare golwe in sagte grond kan tot 12 dm. hoog en 100 vt. lank wees.

Van die grootste aardbewings tot dusver in die wêreldgeskiedenis is:
  • Lissabon, die hoofstad van Portugal, in 1775 toe 50,000 mense in die ramp omgekom het;
  • Kalabrië (Italië) in 1783;
  • San Francisco in 1906;
  • Tokio in 1923 toe 150,000 mense gesterf het; en
  • Indië 1934 en 35.
Bronne:
1. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
2. Die Skatkis: Algemene kennis en naslaanwerk, ISBN 0-7966-0014-7

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Aarbei
Volgende onderwerp: Aarde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:31:06 MGT 2024