Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Aarbei
Aarbei [boodskap #124726] Di, 05 Februarie 2019 06:45
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Aarbeie.
Aarbeie.
'n Aarbei is 'n sagte, rooi vrug met ’n delikate smaak. Die plant (Fragaria chiloensis, familie Rosaseae) het ’n klawerblaar, grof, getand en harig van onder. Die vyf blomblare is wit. Tuinsoorte is afkomstig van die wilde aarbei, oorspronklik uit Wes-Chili. Nuwe plantjies groei uit knoppe aan kruipende stingels genoem uitlopers.

Aarbeie is ryk aan vitamine C. Dit word algemeen rou geëet of vir die maak van konfyt gebruik. Weens die sterk aroma word dit ook as smaakversterker gebruik, onder andere in jogurt.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Aar
Volgende onderwerp: Aardbewing
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:00:28 MGT 2024