Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Aar
Aar [boodskap #124725] Di, 05 Februarie 2019 06:29
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Aar kan na een van die volgende verwys:

1. In diere is 'n aar 'n bloedvat wat bloed vanaf die liggaam na die hart terugvoer. Are maak deel uit van die bloedsomloopstelsel. Die vate wat bloed weg van die hart vervoer staan bekend as slagare. Eenrigtingkleppe verhoed dat die bloed weens swaartekrag kan terugvloei.

2. In plante is 'n aar 'n bloeiwyse wat bestaan uit 'n nie-verdikte hoofas met sittende blomme daarop. Dink byvoorbeeld aan 'n koringaar.

3. 'n Aar is ook 'n meeteenheid van oppervlakte gelykstaande aan 'n gebied van 10 meter by 10 meter. 'n Aar is gelyk aan 100 vierkante meter, .01 hektaar, d.w.s. 119.6 vk.jt., of 0.0988 roede.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Aansteeklikheid
Volgende onderwerp: Aarbei
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:19:23 MGT 2024