Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Aansteeklikheid (Besmetlikheid)
Aansteeklikheid [boodskap #124722] So, 03 Februarie 2019 09:28
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Aansteeklikheid en besmetlikheid verwys na die mate waarin 'n siekte of toestand oordraagbaar is. As 'n siekte van een indiwidu na 'n ander oorgedra word, geskied dit deurdat siektekieme (bakterieƫ of virusse of rickettsia) wat in die sieke aanwesig is op die een of ander manier in die liggaam van die gesonde kom.

Die kieme van sekere siektes (bv. verkoue, masels, kinkhoes, tuberkulose) word direk versprei op stofdeeltjies, speekseldruppeltjies ens. in die omgewing van die sieke of deur aanraking met die sieke. Sulke siektes is aansteeklik. Die kieme van ander siektes besmet bronne soos water, voedsel, dieregemeenskappe en die kieme word daardeur versprei. Sulke siektes, bv. ingewandskoors, pes, malaria, is besmetlik. Die kieme kan die liggaam binnekom deur inademing (verkoue, tuberkulose, masels), deur die mond (ingewandskoors), deur wonde (kaakklem) of deur inplanting deur die huid (bv. malaria, slaapsiekte, pes). Party van die siektes is aangeebare siektes.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Aangeebare siektes
Volgende onderwerp: Aar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:14:06 MGT 2024