Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Aangeebare siektes
Aangeebare siektes [boodskap #124721] So, 03 Februarie 2019 09:22
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Aangeebare siektes is siektes wat ingevolge die volksgesondhieidswet van 1919 beur die betrokke plaaslike owerheid aangegee moet word en by die landdros in gebiede waar hy optree as plaaslike owerheid. Plaaslike owerhede is o.a. afdelingsrade, munisipaliteite, dorpsbesture ens.

Skriftelike aangewing van die ondergemelde siektes deur geneeshere stel die owerhede in staat om die voorkomssyfer te bepaal en maatreëls ter voorkoming en behandeling te tref:

Cholera, droes (glanders); encephalitis (besmetlike harsingontstekrng); erysipelas (belroos); geelkoors; hondsdolheid (hidrofobie); ingewands- of maagkoors; insektegif, vergiftiging deur; kraambedkoors en bevallingsepsis; loodvergfftiging; malaria; maltakoors; melaatsheid; meningitis (alle soorte); miltvuur (anthrax); oftalmie (oogontsteking van pasgeborenes en dié aan gonorree te wyte); pes; pokke; polimiëlitis (akute); skarlakenkoors; slaapsiekte; spirochetekoors; tuberkulose; tifuskoors; trachoom; witseerkeel.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Aaneenvriesing
Volgende onderwerp: Aansteeklikheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:29:04 MGT 2024