Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Zoeloe-oorlog (Anglo-Zoeloeoorlog)
Zoeloe-oorlog [boodskap #124690] Do, 24 Januarie 2019 18:48
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Anglo-Zoeloeoorlog is in 1879 tussen die Britse Ryk en die Zoeloe-koninkryk gevoer. Betrekkinge tussen die Natalse Koloniale owerheid en die Zoeloes het gaandeweg vertroebel ná die dood van Panda in 1872, hoofsaaklik as gevolg van die tiranniese regeringstelsel wat nog deur sy opvolger Cetshwayo beoefen is. Periodieke vertoë deur die Natalse regering en die taktvolle optrede van sir Theophilus Shepstone, wat in 1873 ’n formele ‘kroning’ van die Zoeloekoning waargeneem het, het nie verhoed dat Cetshwayo pogings aangewend het om sy gesag uit te oefen oor vlugtelinge uit sy land na Natal nie. In Desember 1878 het sake tot ’n punt gekom oor ’n grensgeskil met Transvaal. Bykomende Britse troepemagte is ingevoer, en op 10 Januarie 1879 val ’n Britse mag Zoeloeland binne. As gevolg van onbekwame leierskap was daar na die slag van Isandhlwana op 22 Januarie, meer as 800 gesneuweldes. Onmiddellik hierna volg die Zoeloe-aanval op Rorke’s Drift waarin ’n handjievol verdedigers ’n aanslag wat Natal kon onderwerp het, weerstaan het. Toe die nuus van Isandhlwana Brittanje uiteindelik bereik — dit was vertraag as gevolg van die afwesigheid van kabelverbindings — is versterkings na Natal gestuur waar lord Chelmsford deur sir Evelyn Wood vervang is. Die hernude inval in Zoeloeland begin op 29 Maart 1879, en is gevolg deur die verowering van Eshowe en die finale onderwerping van die Zoeloemagte, eers by Kambula en toe by Ulundi. Die sterkte van die Zoeloeleër word geskat tussen 12,000 en 25,000. Cetshwayo is op 28 Augustus gevange geneem. Onder die ongevalle was o.a. die Imperiale Prins, Louis Napoleon van Frankryk. Sowat 30,000 Britse soldate het deelgeneem aan die veldtog, wat meer as R10,000,000 (£5,000,000) gekos het.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Zoeloes
Volgende onderwerp: Zomba
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:43:48 MGT 2024