Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Zoeloes
Zoeloes [boodskap #124689] Do, 24 Januarie 2019 17:14
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sjaka, koning van die Zoeloes, volgens 'n skets van Lt. James King, 'n Port Natalse handelaar.
Sjaka, koning van die Zoeloes, volgens 'n skets van Lt. James King, 'n Port Natalse handelaar.
Die Zoeloes is 'n Bantoestam. Word hoofsaaklik in Noord-Natal aangetref in die gebied tans bekend as Zoeloeland. Rasse en stamme verbonde aan die Zoeloes word in ’n groot deel van Natal en ook in Kaapland aangetref. Die Matabeles van Zimbabwe (Rhodesië) en die Angoni van Malawi is ook verwant aan die Zoeloes. Daar word vermoed dat hulle omstreeks die 15de eeu uit die gebied by die mere van Sentraal-Afrika geëmigreer het en dat hulle ’n onbelangrike groep was tot die 18de eeu toe hulle onder leiding van die oorlogsugtige Dingiswayo en later Tsjaka ontwikkel het van ’n onbekende en skugtere stam tot een wat vrees dwarsdeur Suidelike Afrika ingeboesem het. Na die moord op Tsjaka en die vrugtelose poging van Dingaan om te verhoed dat die Voortrekkers sy land binnegaan, het die meeste Zoeloes teruggetrek tot noord van die Tugelarivier, wat die aanvaarde grens tussen hulle en die blankes geword het; talle Zoeloes het egter in Natal self gaan woon. Daar was ’n redelike mate van vrede onder Panda, maar geskille het tot breekpunt gekom onder Cetswayo wat in die Zoeloe-oorlog verslaan en onttroon is en uiteindelik weer met beperkte magte terug op die troon geplaas is. Gedurende die jare tagtig het groot onrus in Zoeloeland geheers en was daar stamoorloë tussen sommige stamhoofde. Britse gesag is uitgeoefen, maar eers in 1897 het Zoeloeland finaal deel van Natal geword. Onder die Bantoes word die Zoeloes as aristokrate beskou. Hulle handhaaf ’n hoë sedelike peil, het ’n pragtige taal, aantreklike voorkoms en natuurlike waardigheid. Baie van hulle het by die polisiemag aangesluit, maar hulle het ’n afkeer in die mynbedryf. In 1906 was daar nog ’n opstand in Zoeloeland (sien Bambata-Opstand), maar sedertdien heers daar vrede. Ten spyte van die ontwikkeling van ’n aansienlike suikerbedryf in Zoeloeland, bly die gebied funksioneer onder die tradisionele stelsel van stam-eksploitasie en is daar nog ’n opperhoof wat deur die Regering erken word. Groot getalle Zoeloes word tans in Durban en ander stede aangetref. Sien ook Ngoya.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Zoar
Volgende onderwerp: Zoeloe-oorlog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:05:02 MGT 2024