Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Zimbabwe-klimop (Podranea bryesi)
Zimbabwe-klimop [boodskap #124687] Do, 24 Januarie 2019 17:09
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Zimbabwe-klimop (Podranea bryesi Sprague) (Binoniaceae) is 'n opvallende en aantreklike Zimbabwiese (Rhodesiese) klimop met terminale trosse buisvormige, pienk blomme en wat vyf blomblare, vyf kelkblare en vier meeldrade het. Die vrug is ’n lang peul met baie gevleuelde sade. Die Bignoniaceae is ’n familie wat hoofsaaklik uit bome en struike bestaan en wat ook die Kaapse kamferfoelie (Tecomaria capensis) insluit; lg. is ’n struik wat sowat 6-8 voet hoog word en voorkom in die boswêreld van die Oos-Kaap en Natal; blom in die herfs; helderoranje, buisvormige blomme met prominente stamper en meeldrade; word vir hegplante gekweek. Sien Jakaranda.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Zimbabwebouvalle
Volgende onderwerp: Zoar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:16:52 MGT 2024