Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Zimbabwebouvalle
Zimbabwebouvalle [boodskap #124686] Do, 24 Januarie 2019 17:07
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Zimbabwebouvalle is die beroemdste van die ou oorblyfsels in Zimbabwe (Rhodesië). Geleë sowat 17 myl van Masvingo (Fort Victoria). In 1867 ontdek deur Adam Renders, gevolg deur Carl Mauch in 1870. Daar heers groot meningsverskil oor die ouderdom van die bouvalle. Sommige mense meen dat dit uit die tyd van koning Salomo dateer, terwyl andere meen dat dit slegs ’n paar eeue oud is. Gertrude Caton-Thompson was die mening toegedaan dat dit nie veel meer as 800 jaar oud is nie, maar radio-aktiewe toetse het bewys dat dit byna 1,000 jaar oud is. Die bouvalle is in drie groepe verdeel. Die Akropolis is op die kruin van ’n koppie geleë en is in die vorm van ’n verskansing. In die aangrensende vallei is die Elliptiese Tempel met groot ‘siklopiese’ mure en ’n totale lengte van 265 voet. Hierdie mure styg tot ’n hoogte van 30 voet en is tot 15 voet dik; ’n kenmerkende eienskap is die chevronpatroon in die klipwerk. Die derde gedeelte is die Koniese Toring wat deur baie mense, maar nie almal nie, as ’n falliese simbool gesien word. Tussen die Elliptiese Tempel en die Akropolis is ’n groot aantal bouvallige mure wat byna ’n myl ver strek, en wat die gebied as die Vallei van die Bouvalle, beslaan. Prospekteerders en amateur argeoloë het die Bouvalle in die verlede baie beskadig, maar dit word tans deur die regering beskerm. Sien ook Argeologie.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Zietsman, Paul
Volgende onderwerp: Zimbabwe-klimop
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:49:56 MGT 2024