Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Zeyher, Karl Ludwig Philip
Zeyher, Karl Ludwig Philip [boodskap #124684] Do, 24 Januarie 2019 17:03
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Karl Ludwig Philip Zeyher was 'n Suid-Afrikaanse plantkundige. Op 2 Augustus 1799 in Dillenburg, Duitsland gebore. Raak geïnteresseerd in plante omdat sy oom hooftuinier van die groothertog Theodor van Baden was. In lg. se park te Schwetzingen het hy ’n bekende plantkundige, Theodor Hartweg, ontmoet en hom in 1822 op ’n toer na Mauritius vergesel. Met hulle aankoms aan die Kaap het hy besluit om nie verder te gaan nie en tesame met C.F. Ecklon het hy begin om groot versamelings te maak. As ’n uitstaande plantkundige, maar swak sakeman het hy jarelank ’n sukkelbestaan gevoer deur plante uit die Kolonie uit te voer. Daartoe gedwing om sy waardevolle herbarium aan dr. K.W.L. Pappe te verkoop, het hy uiteindelik ’n pos as gewone tuinier aanvaar. In Desember 1858 aan pokke oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Zeerust
Volgende onderwerp: Zietsman, Paul
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:51:22 MGT 2024