Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Zeederberg, Roelof Abraham
Zeederberg, Roelof Abraham [boodskap #124681] Do, 24 Januarie 2019 07:28
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Roelof Abraham Zeederberg was die eienaar van poskoets en pionier op die gebied van vervoer in Suid-Afrika en Zimbabwe (Rhodesië). Van Sweedse afkoms; in 1852 in Pietermaritzburg gebore. Vroeg in die sewentiger jare verhuis hy na die Diamantveld waar hy saam met sy broer, Christiaan Hendrik Zeederberg, (beter bekend as ‘Doel’) transport gery het. As gevolg van ondervinding opgedoen by die "Inland Transport Company", die "Red Star Line" e.a., het hulle kort na die ontdekking van die Witwatersrand met hulle eie poskoetsdiens tussen Kimberley en Johannesburg begin. In 1890 het die firma, Zeederberg Broers, ’n diens tussen Pretoria en Pietersburg ingestel. Onder die aanmoediging van Cecil John Rhodes is hierdie diens tot in Zimbabwe (Rhodesië) uitgebrei. Gedurende die Matabele-opstand in 1896, het die Zeederberg Broers die meeste van die voorrade vir die Britse magte aangery en gedurende die Vryheidsoorlog het hulle groot getalle Australiese en Kanadese troepe oorland van Beira af vervoer om te help met die ontsetting van Mafeking. R.A. Zeederberg was in 1901 verantwoordelik vir die opmeting van die eerste poskoetsroete na die Victoria-waterval. In 1944 op 92- jarige ouderdom in Johannesburg oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Zebediela
Volgende onderwerp: Zeerust
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:15:53 MGT 2024