Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Zebediela
Zebediela [boodskap #124680] Do, 24 Januarie 2019 07:26
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Zebediela is die wêreld se grootste sitrusplaas, geleë naby Potgietersrus, Transvaal. Aangelê deur I.W. Schlesinger kort na die einde van die Eerste Wêreldoorlog. Teen die 1950's was daar sowat 650,000 bome in drag; hulle word besproei deur ’n reeks damme en ook deur ondergrondse water. In ’n goeie seisoen word meer as 3,000,000 kissies lemoene uitgevoer deur middel van ’n takspoorlyn wat na die plaas aangelê is. Mnr. Schlesinger is op Zebediela begrawe.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Zastron
Volgende onderwerp: Zeederberg, Roelof Abraham
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:53:36 MGT 2024