Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Zambezi
Zambezi [boodskap #124677] Do, 24 Januarie 2019 06:16
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Zambezi is die grootste rivier in Suidelike Afrika; ontspring in Oos-Angola en is naby sy oorsprong bekend as die Liba of Liambui. Die naam Zambezi is waarskynlik ’n verdraaiing van die woord Ambei, wat ‘Groot Waters’ beteken; die Z word bygevoeg om klem op die woord te lê. Begin in Angola op hoogte van 5,000 vt. bo seespieël op breedtegraad 11 grade 21 minute suid en lengtegraad 24 grade 4 minute oos. Die Zambezi vloei deur die Lobale, Barotse en Mambunda-streek en langs die Caprivistreek wat die verste noordoostelike grens van Namibië (Suidwes-Afrika) vorm. Nadat dit oor watervalle soos die Katima en Motilo-valle gestroom het, en verder gevoed is deur ’n reeks riviere soos die Chobe (Lunyanti), Longo, Loeti, Nengo, Luanginga, Luampa, Kabompo en andere, bereik die Zambezi die Victoria-waterval, en daarna is daar meer sytakke waaronder die Gwaai, Sengwe, Sanyati, Angwa, Hunyani, Kafue, Luangwa en Shire. Laasgenoemde bring die waters van die Njassameer af en dra grootliks by tot die grootte van die Zambezi. Na ’n aantal stroomversnellings dring die Zambezi die Kariba-gorge binne waar die grootste opgaardam en hidrokragskema in Afrika gebou is. Vir sowat 120 myl van sy mond af is die Zambezi bevaarbaar vir vlak bote. Dit vorm ’n delta van ongeveer 4,000 vierkante myl en vloei in die see in Noord-Mosambiek. Die rivier is omtrent 1,600 myl lank en sy opvanggebied sowat 520,000 vierkante myl. Met spesiale vergunning van die Portugese owerheid het die Britse Vloot teen die einde van die 19de eeu ’n aantal kanonneerbote by die mond van die Zambezi in stand gehou.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Sakrivier
Volgende onderwerp: Zambië
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:49:06 MGT 2024