Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Young, Francis Brett
Young, Francis Brett [boodskap #124665] Wo, 23 Januarie 2019 19:14
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Francis Brett Young was 'n Engelse skrywer wat oor Suid-Afrika geskryf het. In 1884 in Halesowen, Worcestershire, gebore en kwalifiseer as geneesheer aan die Universiteit van Birmingham. Reis gedurende 1915 deur Suid-Afrika as mediese beampte van die leër op pad na Oos-Afrika. Goed bekend as romanskrywer in Engeland voordat hy weer in 1936 ’n besoek aan Suid-Afrika bring. They Seek a Country, ’n verhaal oor die Groot Trek, verskyn in 1937; in 1939 verskyn The City of Gold, die verhaal van die Rand. Vestig hom in 1945 in St. James, Kaapstad, waar hy In South Africa geskryf het. Verhuis in 1949 weens swak gesondheid na Montagu. Oorlede op 28 Maart 1954.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Young, Professor Andrew
Volgende onderwerp: Young, Sir Hubert Winthrop
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:05:06 MGT 2024