Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Worsfold, William Basil
Worsfold, William Basil [boodskap #124646] Wo, 23 Januarie 2019 18:35
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
William Basil Worsfold was 'n Suid-Afrikaanse skrywer. In 1858 in Yorkshire, Engeland gebore. Hy studeer aan die Universiteitskollege, Oxford en bekwaam hom as advokaat. Nadat hy lektor aan sy universiteit was, begin hy belang stel in Suid-Afrika en in 1895 skryf hy ’n verslag oor dié land. In 1898 is dit gevolg deur ’n historiese werk en in 1899 deur nóg ’n boek oor Portugees-Njassaland. Gedurende 1900 skryf hy nóg ’n historiese werk; hy was ook redakteur van ’n verslag oor lord Milner se werk in Suid-Afrika van 1897 tot 1902. Van 1904 tot 1905 was hy redakteur van die Star in Johannesburg. Selfs nadat hy na Engeland teruggekeer het, het hy steeds belang gestel in Suid-Afrika. Hy skryf in 1912 'n verslag oor die Unie, ’n biografie van sir Bartle Frere in 1923 en ’n groot aantal ander boeke. In 1939 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: World’s View
Volgende onderwerp: Wou
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:17:50 MGT 2024