Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Worcester
Worcester [boodskap #124644] Wo, 23 Januarie 2019 18:32
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Worcester is 'n dorp in Wes-Kaapland. In Februarie 1820 gestig en vernoem na die broer van goewerneur lord Charles Somerset, die Markies van Worcester. Dit is geleë aan die rant van die Heksrivierberge en is een van die mooiste geleë dorpe in Suid-Afrika. Afgesien van sy talryke nywerhede, waaronder distilleerderye, inmaak- en wolfabrieke, is daar sedert die Tweede Wêreldoorlog ’n groot kragsentrale deur die Elektrisiteitsvoorsieningskommissie opgerig vir die geëlektrifiseerde dele van die hoofspoorlyn deur die Heksrivierberge na Touwsrivier. Gedurende die seisoen word wintersport, met inbegrip van ski-loop, daar naby beoefen. Worcester is ook bekend vir sy groot skole vir blindes en vir doofstommes. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 33,301 (10,858 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Wooldridge
Volgende onderwerp: World’s View
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:16:02 MGT 2024