Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Wood, Veldmaarskalk Sir Henry Evelyn
Wood, Veldmaarskalk Sir Henry Evelyn [boodskap #124641] Wo, 23 Januarie 2019 18:02
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Veldmaarskalk Sir Henry Evelyn Wood was 'n Britse soldaat. Op 9 Februarie 1838 in Braintree, Essex gebore. Hy sluit in 1852 as seekadet by die vloot aan en veg in die Krim-oorlog. Hy word swaar verwond en onderskei homself vir dapperheid by Sebastopol. In 1855 gaan hy oor na die Light Dragoons, veg in Indië en die V.C. word in 1859 aan hom toegeken. Hy veg ook in Afrika in 1879 in die Asjanti- en die Zoeloe-oorlog. Na die nederlaag by Amajuba word hy aangestel as opvolger van sir George Colley. Voordat hy egter effektiewe maatreëls kon tref, is ’n wapenstilstand gesluit. Hy het later in ’n kommissie gedien wat onderhandelings gevoer het vir die herstel van die onafhanklikheid van Transvaal. Van 1893 tot 1897 was hy Kwartiermeester-generaal en van 1897 tot 1901, tydens die Tweede Vryheidsoorlog, Adjudant-generaal. Hy het ’n aantal boeke geskryf, onder meer sy outobiografie, From Midshipman to Field Marshal. Op 21 Desember 1919 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Wood, George
Volgende onderwerp: Wood, Dr. John Medley
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:12:27 MGT 2024