Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Wondergat
Wondergat [boodskap #124639] Wo, 23 Januarie 2019 17:52
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Wondergat is 'n natuurlike formasie in Betsjoeanaland, 18 myl van Mafeking. Merkwaardige gat wat deur die natuur in die kalksteenrots gevorm is. Dit het ’n deursnee van sowat 250 voet. Hoewel die omgewing uiters droog is, is die gat altyd vol en kan die diepblou water onder die 50 voet hoë wit wande gesien word. Ses myl daarvandaan, by Grootfontein, is ’n soortgelyke poel. Dit word deur ondergrondse riviere verbind en die watervlak wissel weinig. Grootfontein verskaf meer as 5,000,000 gelling water daagliks aan Mafeking, baie meer as wat dit nodig het. ’n Kleiner Wondergat is naby Lichtenburg, Transvaal.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Wonderboom
Volgende onderwerp: Wood, George
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:05:38 MGT 2024