Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Woltemade, Wolraad
Woltemade, Wolraad [boodskap #124637] Wo, 23 Januarie 2019 17:50
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Woltemade se waagmoedige optrede.
Woltemade se waagmoedige optrede.
Wolraad Woltemade was 'n vroeë Kaapse held en filantroop. ’n Melkboer van Duitse afkoms wat op 1 Junie 1773 in ’n sterk noordwestestorm gesien het hoedat die Oos-Indiëvaarder, die Jonge Thomas naby die mond van die Soutrivier na die strand gedryf word. Die amptenare van die Oos-Indiese Kompanjie wat meer besorg was oor die skip se vrag, het die bemanning aan hulle lot oorgelaat. Woltemade wat te perd daar verbygery het, het die see ingejaag en twee manne wat aan die perd se stert vasgeklou het, na die strand gebring. Hierdie heldedaad is herhaal totdat hy 14 van die bemanningslede gered het. Hy het die see nog één keer binnegegaan, maar is deur die branders oormeester en het verdrink. Die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie het hom vereer deur ’n skip Die Held Woltemade te noem. In die moderne tyd is verskeie stasies net buite Kaapstad Woltemade genoem en daar is ’n standbeeld van hom deur I. Mitford-Barberton op die terrein van die Suid-Afrikaanse Mutual se hoofkantoor in Pinelands.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Wolseley, Veldmaarskalk Burggraaf
Volgende onderwerp: Wonderboom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:40:19 MGT 2024