Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Wolseley, Veldmaarskalk Burggraaf (Garnet Joseph Wolseley)
Wolseley, Veldmaarskalk Burggraaf [boodskap #124636] Wo, 23 Januarie 2019 17:47
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Garnet Joseph Wolseley was 'n Britse Veldmaarskalk en Burggraaf. In 1833 in Ierland gebore. Hy sluit op 19-jarige ouderdom by die Britse leër aan. In 1873 was hy in bevel van ’n ekspedisie teen die Asjantis aan die weskus van Afrika en in 1875 is hy as generaal in bevelvoerende hoedanigheid in Natal gestasioneer. Hy word as eerste administrateur na Ciprus verplaas, maar word na Suid-Afrika teruggeroep om lord Chelmsford te vervang, na die vroeë Britse nederlae in die Zoeloe-oorlog van 1879. Hoewel die toestand voor sy aankoms herstel is, het hy die veldtog beëindig en die Zoeloekoning, Cetshwayo, gevange geneem. Hy word Goewerneur van Natal en voer ’n nuwe regeringstelsel in Zoeloeland in onder ’n aantal mindere opperhoofde. Intussen is Transvaal die eerste keer geannekseer en op 29 September 1879 word hy aangestel as sy Goewerneur. Hy het ook die langdurige Sekoekoenie-oorlog beëindig en ’n nuwe grondwet vir Transvaal as Kroonkolonie opgestel. Na sy terugkeer na Engeland het Wolseley ’n vername rol gespeel in die hervorming van die Britse leër, ten spyte van baie teenkanting. Van 1895 tot 1899 is hy opperbevelhebber van die Britse leër. Hy skryf ’n aantal boeke, insluitend ’n biografie van die Hertog van Marlborough. In 1913 in Mentone aan die Franse Riviera oorlede. Die dorp Wolseley in die Wes-Kaap is na hom vernoem.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Wolseley
Volgende onderwerp: Woltemade, Wolraad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:00:56 MGT 2024