Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Wolhuter, Harry
Wolhuter, Harry [boodskap #124632] Wo, 23 Januarie 2019 17:38
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Harry Charles (Christoffel) Wolhuter was 'n wildbewaarder en skrywer. In 1877 op Beaufort-Wes gebore. Hy het aan die vroeë Witwatersrand gewerk en in die Tweede Vryheidsoorlog geveg. In 1902 sluit hy aan by kolonel J. Stevenson-Hamilton as sy assistent-wildbewaarder vir die Sabie-wildtuin, later die Nasionale Krugerwildtuin. Wolhuter se bekendste prestasie is sy geveg met ’n leeu wat hy met ’n sakmes doodgemaak het. Hy het 'n uitstekende boek oor sy herinneringe geskryf, nl. Memories of a Game Ranger. Hy het in 1946 afgetree en is in 1964 oorlede.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Memories of a game-ranger, ISBN: 978-0949956286
Vorige onderwerp: Wolfram
Volgende onderwerp: Wolmarans, Senator Andries Daniel Wynand
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:07:57 MGT 2024