Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Wolfram (Tungsten)
Wolfram [boodskap #124631] Wo, 23 Januarie 2019 17:34
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Wolfram is 'n mineraal wat gebruik word in staalproduksie, in die vervaardiging van elektriese gloeidraad, ens. Ontgin in Namakwaland, in Namibië (Suidwes-Afrika) en in Zimbabwe (Rhodesië). Word gewoonlik aangetref as scheelieterts. Neerslae bestaan ook in Zoeloeland, in die Murchisonreeks, naby Potgietersrus en elders. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog was daar ’n geweldige oorsese vraag na wolfram omdat voorrade as gevolg van die vyandelikhede afgesny was. Ook tungsten genoem.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Wol
Volgende onderwerp: Wolhuter, Harry
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:10:53 MGT 2024