Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Wol
Wol [boodskap #124630] Wo, 23 Januarie 2019 17:31
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Skape word geskeer.
Skape word geskeer.
Wol is die geskeerde huidbedekking van skape of Angorabokke. Dit word skoongemaak en verwerk tot 'n materiaal waarvan komberse, truie en ander klere gemaak word.

Die oorspronklike skape aan die Kaap het ’n harige groeisel gehad wat die naam "wol" nie waardig was nie, en dit was eers met die invoer van die eerste merino’s deur kolonel Robert Jacob Gordon dat die wolbedryf in die land begin het. Die vooruitgang daarvan is hoofsaaklik toe te skryf aan die ondernemingsgees van die Van Bredas, die Van der Bijls en ander vroeë telers in Wes-Kaapland. Plaaslike kuddes is geleidelik verbeter met die verspreiding daarvan, eers oor die Karoo en toe in die Vrystaat en verder aan. Hoewel die Kaap verantwoordelik was vir die eerste wolskaap in Australië, het die plaaslike boere dwarsdeur die 19de eeu wol van minderwaardige gehalte geproduseer. In die algemeen was die pryse laag en die gehalte swak en die vooruitgang is in die wiele gery deur brandsiekte wat wyd verspreid voorgekom het. Die regering het egter met verloop van tyd daarin geslaag om die dip van skaap verpligtend te maak — iets wat die siekte uiteindelik uitgewis het. Die produksie van wol het ook geweldig gewissel as gevolg van droogtes en ander plae.

In die 20ste eeu is groter uitvoering gegee aan die beleid van invoer van stoetramme uit die buiteland, in besonder uit Australië. Navorsing is gedoen (veral by Grootfontein, Kaapland) en met die aansluiting by die Internasionale Wolorganisasie het Suid-Afrika daarin geslaag om te deel in die wêreldwye voorspoed wat deur wol geskep is. Kaapland is verreweg die grootste produsent in Suidelike Afrika, gevolg deur die Vrystaat.

Die Wolmerk — die internasionale gehalte-simbool vir wol — is op 1 April 1966 dwarsdeur Suid-Afrika ingestel.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Woermann-Redery
Volgende onderwerp: Wolfram
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:33:12 MGT 2024