Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Woermann-Redery
Woermann-Redery [boodskap #124629] Wo, 23 Januarie 2019 17:24
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Woermann-Redery was 'n Duitse stoomskip-redery wat handel gedryf het met Suid-Afrika, wat deur Adolf Woermann gestig is. Van 1896 af was daar ’n kusdiens van Kaapstad na Suidwes-Afrika (nou Namibië) en van 1898 af 'n gereelde maandelikse diensroete na die Kaap. Die maatskappy is in 1907 verbind met die Hamburg-Amerika-redery en is ingelyf by hulle Duitse 'Om Afrika’-diens. Sedert die Eerste Wêreldoorlog was die Woermann-redery deel van die Duits-Oos-Afrika-organisasie.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Woermann, Adolf
Volgende onderwerp: Wol
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:31:44 MGT 2024