Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Woermann, Adolf
Woermann, Adolf [boodskap #124628] Wo, 23 Januarie 2019 17:23
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Adolf Woermann was 'n Duitse skeepseienaar en Koloniale pionier. In 1847 in Hamburg gebore. Namens die familiesake het hy gehelp met die ontwikkeling van handelsposte aan die weskus van Afrika wat dan ook uiteindelik die Duitse kolonies daar geword het. In 1880 het hy met sy eie stoomskipredery, die Woermann-redery, begin wat na 1884 sy diens na Duits-Suidwes-Afrika (tans Namibiƫ) en Suid-Afrika uitgebrei het. Van 1884 tot 1890 was hy lid van die Reichstag. In Mei 1911 in Hamburg oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Wodehouse, Sir Philip Edmond
Volgende onderwerp: Woermann-Redery
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:50:56 MGT 2024