Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Wodehouse, Sir Philip Edmond
Wodehouse, Sir Philip Edmond [boodskap #124627] Wo, 23 Januarie 2019 17:21
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Philip Edmond Wodehouse was die goewerneur aan die Kaapkolonie. In 1811 in Engeland gebore. Hy begin in 1828 werk as ’n ‘skrywer’ in die staatsdiens van Ceylon en word in 1843 Regeringsagent vir die Westelike Provinsie van daardie eiland. In 1861 volg hy sir George Grey op as Goewerneur van die Kaap. Tydens sy ampstermyn het die land ’n ernstige depressie beleef, maar is diamante ook in 1867 ontdek. Hy was ’n ‘gentleman’ met ’n aangename persoonlikheid. Hy kon daarop roem dat hy die lang reeks oorloë met die Basoeto’s beëindig het deurdat hy Mosjesj in 1865 toegelaat het om ’n Britse onderdaan te word. Hy het die verlening van verantwoordelike Regering aan die Kolonie beveg, aangesien hy gereken het dat die tyd nie daarvoor ryp was nie. In 1870 keer hy terug na Engeland en in 1872 word hy goerwerneur van Bombaai waar hy 5 jaar lank gebly het. In 1887 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Wodehouse
Volgende onderwerp: Woermann, Adolf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:16:09 MGT 2024