Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Witwatersrand
Witwatersrand [boodskap #124622] Wo, 23 Januarie 2019 17:13
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Ou kaart van die Witwatersrand.
'n Ou kaart van die Witwatersrand.
Witwatersrand is die grootste goudveld in die wêreld en hoofnywerheidsgebied van Suidelike Afrika. Die oorspronklike Witwatersrand het van Randfontein tot by Springs gestrek, 'n afstand van nagenoeg 100 km (60 myl), maar as gevolg van ontdekkings sedert 1932 is die grense tot by die omgewing van Potchefstroom en Klerksdorp uitgebrei. Die oorspronklike Witwatersrand beslaan ’n gebied van nagenoeg 1,200 vk. myl en sluit die volgende dorpe in: Westonaria, Randfontein, Krugersdorp, Roodepoort, Maraisburg, Johannesburg, Germiston, Boksburg, Benoni, Brakpan Springs en Nigel. Die klimaat is gesond en verfrissend, hoofsaaklik vanweë die ligging bokant seespieël van tussen 1,5 en 1,8 km (5,000 en 6,000 voet).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Witvis (Kaap)
Volgende onderwerp: Witwatersrand Rifles
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:40:02 MGT 2024