Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Witbooi, Hendrik
Witbooi, Hendrik [boodskap #124614] Wo, 23 Januarie 2019 06:56
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Hendrik Witbooi was die hoofman van die Witbooi-Hottentotte in Namibië (Suidwes-Afrika). (So genoem vanweë die wit doek wat hulle om hulle koppe gedra het). Hy het eers in 1884 op die voorgrond gekom toe hy sy vader, Moses, as hoof van die stam by Gibeon opgevolg het en oorlog teen die Herero’s begin maak het wat tot 1892 geduur het. Na die vrede het hy hom op Hoornkrans, naby Rehoboth, gevestig waar hy met die nuwe Acromanbewind gebots het. Op 12 April 1893 het majoor Von Francois hom aangeval, maar hy het ontsnap. Na ’n moeilike stryd het hy op 15 September 1894 oorgegee en tot 1904 vreedsaam op Gibeon gewoon. Met die uitbreek van die Herero-oorlog, het hy sy belofte verbreek en in opstand gekom. Nadat hy baie setlaars verraderlik vermoor het, is hy naby Keetmanshoop aangekeer waar hy op 29 Oktober 1905 aan sy wonde beswyk het. Hy het oor ’n sekere mate van geleerdheid beskik en het ’n dagboek gehou wat in 1929 deur die Van Riebeeck-genootskap gepubliseer is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Witbank
Volgende onderwerp: Witgat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:52:47 MGT 2024