Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Witbank
Witbank [boodskap #124613] Wo, 23 Januarie 2019 06:54
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Witbank is 'n dorp in Transvaal, die hoofsentrum van die steenkoolveld van dié provinsie. In 1890 gestig. Dit het ’n belangrike nywerheidsentrum geword, onder meer een van die hoofstasies van die Elektrisiteitsvoorsieningskommissie (in 1923 opgerig); ook werke vir die produksie van karbied en kaliumsianied (vir gebruik in die reduksiewerke van die goudmyne). Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het Witbank beroemdheid verwerf as gevolg van die feit dat Winston Churchill, ná sy ontsnapping uit ’n krygsgevangenekamp in Pretoria, hom op pad na Lourenco Marques in die werke van ’n plaaslike steenkoolmyn versteek het. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 29,000 (10,000 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Winsloe, Kolonel Richard William
Volgende onderwerp: Witbooi, Hendrik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:15:43 MGT 2024